KONTAK ONS!
:
SEL: 082 491 7845
KANTOOR: 012-9932524
FAXMAIL: 086 610 4540
Lenie, ek en Frans Prins van Kokstad wil net vir jou baie, baie dankie se vir al die moeite wat jy gedoen het om ons bymekaar te bring. Ons glo dit was in Jesus se hande, maar nog steeds het Hy jou gebruik om ons bymekaar te bring. My en ook Frans se alleen lewens was besig om sy tol te eis en ons was baie depressief...tot die dag dat ek hierdie wonderlike man ontmoet het. Ons het eers telefonies gesels vir `n geruime tyd (was toe al dood verlief oor die foon) Toe ons mekaar uiteindelik ontmoet, was die koel deur die kerk!!! Sielsgenote in elke aspek. Nogmaals baie dankie vir die diens wat jy aanbied om geknakte, gebreekte mense weer iets te gee om voor te lewe! Ons beplan nou ons toekoms saam en dis wonderlik om weer in die more op te staan!
Liefde
Wilna Jigs, Welkom

Hallo Lenie, dankie vir die funksies wat jy vir ons alleen mense aanbied. Jy sal nooit weet wat dit vir ons beteken nie! Jy`s `n ster! Ek is ook in `n ernstige verhouding met iemand wat ek op die laaste funksie ontmoet het.
Mandy
Top Partners is tops! Al wat ek kan se is dankie vir hierdie diens. Dankie dat jy altyd tyd het om met my te praat en te luister, en ook my seer met jou kan deel!
Groete, Jenny
Jy sal geseen word vir wat jy vir jou medemens doen. Jy is altyd vriendelik en geduldig as ek met jou gesels. Thanks vir dit.
Arno van Aswegen
Verstrek asseblief julle selfoon of epos adres - as julle op die lys wil kom om gereeld op hoogte gehou te word wanneer die volgende funksie is - epos my!!
EPOS BRIEFIES...
More Lenie. Hoe ganit? Ek wil net dankie se dat jy my lewensmaat vir my gekry het. Ons glo en vertrou dat Jesus ons vir mekaar gegee het.
Groete
Francios van Kroonstad